Baucher, Willem Hendrik Frederik [Willie]

 

 
 

Willie is op 10 Julie 1918, in die distrik Swartruggens gebore. Op 20-jarige ouderdom het hy met die konsertina begin en dat Attie Dercksen hom so 'n bietjie touwys gemaak het. Later het hy ook die kitaar, orrel en klavier bemeester, maar hom meesal op die konsertina toegelê.

Willie het ook 'n hele paar komposisies agter sy naam: Piet se banjo, Piet Grootman, Erfdeel settees, Welkom wals.

Hy het slegs 78-spoedplate gemaak en tydens sy eerste opnames is hy deur die volgende welbekende persone begelei:

Willie Welgens : Kitaar
George Abrahams : Banjo
Dave Truter : Klarinet
Danny du Toit : Basviool
Dawid de Lange : Sanger

Daarna het die volgende persone hom meesal begelei:

Tiny Mey : Trekklavier
Jan Breedt : Kitaar
George Abrahams : Banjo
Vic Wiehahn : Basviool (wat hyself gemaak het)
Stan Murray : Kitaar
Jack Dowle : Orrel

Willie vertel dat hulle ongeveer 1944 of '45 in Primrose op 'n bruilof gespeel het. Dit was 'n Saterdag en hulle moes dieselfde aand 'n lewendige uitsending doen by die SAUK in Johannesburg tussen 21h30 en 22h00. Hulle was gelukkig betyds by die ateljee waar 'n dametjie reeds besig was om die mikrofone vir die verskillende instrumente op te stel. Sy het aan Willie gevra of iemand gaan sing en op die ingewing van die oomblik hy ja, hy gaan sing. 'n Mikrofoon is toe vir hom opgestel. Daar was glad nie 'n sangnommer op hulle program nie en nie een van hulle het ooit tevore 'n sang-oudisie geslaag nie!

Toe die oomblik aanbreek, is daar met die program begin en hulle speel sommer windmaker, want hulle het mos 'n gawe oefening by die bruilof gehad! Terwyl hulle besig was met Sonop van C. en W. Cooper, besluit Willie dis tyd om te sing en stap na die mikrofoon toe en begin ewe lustig sing. Hy vir hom het dit baie mooi geklink en hy was baie trots dat hy daarin kon slaag om ook oor die radio te sing!

'n Paar dae na die uitsending het Tiny Mey, wat die leier van die orkes was, 'n brief van die SAUK ontvang waarin hy in kennis gestel is dat sy kontrak vir toekomstige uitsendings gekanseller is. Die rede was dat die "sanger" - soos Willie dit self gestel het - "onbekwaam was!" Tiny dat hy eers baie jare na dié voorval weer toegelaat is om aan radio-uitsendings deel te neem. Willie is baie spyt dat hy Tiny so 'n groot onreg aangedoen het, maar tog het hulle, ten spyte van die voorval, groot vriende gebly. Tiny is 'n baie groot man, en 'n mens kan sien dat hy ook 'n groot hart het. Onlangs het hy weer Willie as 'n gaskuns-tenaar gebruik toe hy in 'n program van "Konsertinaklub" opgetree het!

Willie het baie lank in Frank Mey, Tiny se vader, se orkes gespeel. Daar was ook 'n paar baie bekendes in daardie orkes:

Frank Mey : Tromme
Anna Mey (Frank se vrou) : Banjo
Seun Coetzee : Banjo
Danie Strauss : Hawaiïese kitaar
Danie Barnard : Kitaar
Boet Coetzee : Klavier

Willie vertel dat hierdie orkes in die veertigerjare die tweede plek in 'n boereorkeskomp-etisie aan die Oos-Rand ingepalm het. In 'n soortgelyke kompetisie in Pretoria het hulle die vierde of vyfde plek ingeneem. In laasgenoemde kompetisie het vyf en twintig orkeste deelgeneem.

Willie het die volgende spelers baie goed geken: Faan Harris, Pietie Prinsloo, Willie Welgens, J.P. Bodenstein en Fanie Bosch. Ons het die volgende plate van hom nog in bewaring:

Piet Grootman
Elke Dag
GE 472 Gallotone
Die Tukkel settees
Die Welkom wals
GE 507

(Tydens bogenoemde opnames het Hendrik Susan se orkes hom
begelei.)

Middernag
Ons Jool saam
GE 508
Flippe se vastrap
Oela se Bokke
AC 905 Trek
Piet se Banjo GE 462
Willie kom laat
Waatlemoen Fees
AC 915

Willie was en is nog steeds 'n uitstaande konsertinaspeler en kan met die bestes van sy tyd vergelyk word. Dit is jammer dat hy nie meer aktief is nie. Willie, alhoewel ons weet dat die jare nie stilstaan nie moet jy nooit vergeet nie, hoe ouer die wyn, hoe beter die smaak!

 
     
     
     
 
Full Name: 
Baucher, Willem Hendrik Frederik [Willie]
Birth Date: 
1918-07-10
Decease Date: 
1994-09-20

Content type

Artists