Loekie Mostert

Kitaarspeler van die Kaapland Boereorkes:
 
My naam is Loekie Mostert en ek is gebore 2 Julie 1964 in Port Nolloth, maar groot geword in Alexanderbaai.
 
Ek het as kind groot geword met boeremusiek in die huis. My pa, Tiekie Mostert, was wel bekend vir sy trekklavier speel, en hy was vroeër jare die trekklavierspeler vir Die 5 Namakwalanders.
 
So met die tyd het ek geleer om kitaar te speel en ek en my broer Johannes het saam met my pa musiek gemaak. Willie Nelson het by my pa aan huis kom kuier en so is Die 5 Namakwalanders gestig.
 
Ek het geleentheid gekry om met verskeie musikante boeremusiek te maak. In 2006 het ek by Die Namakwalanders aangesluit en 2 CD's is gemaak in die tyd.
 
Ek het by Kaapland Boereorkes begin speel in 2016, en dit is die plus punt in my lewe.
 
Groete
Loekie
Full Name: 
Mostert, Loekie
Birth Date: 
1964-07-02

Content type

Artists