Viljoen, Réjean

Réjean Viljoen is op 21 Maart 1987 in die Florida Clinic in die weste van Johannesburg gebore en het die meeste van sy lewe in die suide van Johannesburg en Alberton gewoon. Hy het skool gegaan te Helpmekaar Hoërskool.
 
Daar is musikale gene in sy familie en hy is vir so lank as hy kan onthou versot op boeremusiek. Sy oupa het ukulele en mondfluit gespeel, sy oom kitaar, sy tannie traporrel en sy oupa grootjie konsertina. Van kleins af wou hy 'n instrument bespeel en in 2000 het sy ouers vir hom 'n kitaar gekoop. Marius Botha, wat by Hansie Roodt geleer speel het, het voorkom dat die kitaar stof vergader en ure spandeer om te verseker dat Réjean die kitaar bemeester.
 
In Junie van 2003 het hy na opnames van die ou TV Boeremusiekkompetisies gekyk en eweskielik besluit dat hy wil konsertina speel. Sy ma was nie te vinde vir die idee van nog 'n instrument nie. Gelukkig het sy stiefpa, oom Marius Botha, met 'n slim plan voorendag gekom. Hy sal die geld voorskied en hoef slegs terug betaal te word as Réjean die konsertina baasraak. As Réjean moed opgee is hy bereid om sy geld te verloor. Vandag weet ons sy ma was genoodsaak om elke liewe sent terug te betaal.
 
Hy het begin konsertina speel deur 20 lyntjies op 'n papier te trek en kolletjies te maak daarop. Dit het baie lank gevat maar hy drie nommertjies so geleer. Hy vertel dat 'n boekie van Nic Potgieter hom baie gehelp het met harmonieë en akkoorde. Hy het by die TBK aangesluit en vir Gert Jooste en Stephaan van Zyl ontmoet. Hy het vinnig vriende gemaak en lekker saam gespeel. (Sien foto hiernaas waar hulle by 'n TBK byeenkoms speel.)
 
Réjean het vir Martin Dorfling ontmoet en baie goeie vriende geword. Die twee het besluit om 'n orkes te stig en so het Die Sonop Boereorkes ontstaan.

vlnr. Willem Jooste Jr, Réjean Viljoen, Gerrit JoosteTBK Byeenkoms Pretoria, 2003-08-23[Foto kopiereg Séan Minnie]

Full Name: 
Viljoen, Réjean
Birth Date: 
1987-03-21

Content type

Artists