Buys, Hans

Chris was die leier van Buys se Kêrels en het die traporreltjie (harmonium) sommer gesellig laat praat! Ek dink sy Kolonie wals en Kliprivier polka is aan alle boeremusiek- liefhebbers bekend. Chris is deur Hans Buys (kitaar) en Joe Mathee (banjo) begelei.


Chris Buys by Kliprivier

Chris Buys is op 31 Desember 1905 in Dordrecht gebore en sê dat hy baie lief is vir die ou Kaapland, en daarom is sy pragtige wals ook die Kolonie wals genoem.

Hier volg 'n lys van die plate wat hy by Columbia gemaak het:

Jonkmans se wals AE 530
Loop deur na Sonop seties  
Kolonie wals AE 552
Kliprivier polka  
Môrester polka AE 581
Die Böeland seties  

 

 
Chris Buys kort voor die opnames gemaak is


Dr Ed Retief en Chris Buys met 'n langspeelplaat van oorspronklike opnames


Joe Mathee

Tydens die Algemene jaarvergadering van die TBK in 1987 was oom Chris bykans 82. Hy en sy eggenote was op 29 September 1987 reeds 62 jaar getroud en lewe steeds gelukkig saam. Hy is tot erelid van die TBK verkies en toe die voorsitter die aankondiging gemaak het was dit 'n plegtige en aandoenlike oomblik vir al die teenwoordiges. Van hulle musiek is in die agtergrond gespeel tydens die oorhandiging en die toejuiging was oorweldigend.


vlnr: Piet Bester, Carolina Leeson, Chris Buys en sy eggenote
tydens die AJV van die TBK in 1987


Chris Buys met die pragtige horlosie wat die TBK aan hom geskenk
het toe hy erelid geword het

Full Name: 
Buys, Hans
Birth Date: 
1905-12-31
Decease Date: 
1989-10-29

Content type

Artists