Cissie Cooper
Mathildé Cornelia Maria Budke is op 27 Junie 1912, in Pretoria gebore. Cissie, soos sy algemeen bekend was, is later met William Schreiner (Willie) Cooper getroud. Willie se moeder was 'n niggie van die beroemde Olive Schreiner. Willie is op 28 Januarie 1897, in Pretoria gebore en het ons ongelukkig op 20 Oktober 1975, reeds ontval. Hierdie begaafde egpaar het vir ons 'n skatkis vol pragtige liedjies nagelaat. Langer as drie dekades het hulle liedjies en komposisies die Afrikaanse musiekwêreld totaal oorheers. Hulle het self ook plate gemaak onder die naam van die Soetspelers.Baie van hulle komposisies het immergroen gebly, soos die bekende Jy is my liefling, Die Donkie, In die Drakensberge en talle ander. Vir my persoonlik is Jy is my liefling hulle grootste treffer. Dawid de Lange, Jurie Ferreira en selfs Jim Reeves het dit baie gesing en dit op plaat laat opneem. Ek het aan Cissie gevra watter hulle gewildste liedjie was en haar antwoord was: "As Die Donkie en Jy is my liefling moes resies jaag, dan glo ek vas dat Die Donkie, so steeks as wat hy is, voor Jy is my liefling by die wenpaal sou aankom! Hy bly 'n wonderlike ding! ! ! "Sy vertel verder: "Willie het 'n mondfluitjie gespeel en baie van ons liedjies is daarop gebore!" Willie was hoofsaaklik die skrywer van die liedjies, in Afrikaans sowel as Engels. Cissie het die klavier bespeel en het jare lank sang studeer. Sy is weer aan die woord: "Ons hele lewe (haar en Willie s'n) was een groot hoogtepunt. Ons was van die eerste Afrikaanse liedjieskrywers en sangers en ons het soveel lof en liefde van die hele Suid-Afrika ontvang dat dit ons hele lewe baie opwindend gemaak het! Ek onthou met trots 'n besondere aand toe ek voor 'n volgepakte gehoor in die stadsaal van Pretoria opgetree het. Daar was nie eens staanplek beskikbaar nie! Toe ek klaar gesing het, het die wonderlike gehoor my lank staande toegejuig. Daar was baie hoogtepunte in my lewe, maar ek sal daardie aand in Pretoria seker nooit vergeet nie!"Sy en Willie, die baie bekende Wolfswinkels van Pretoria, Joe Frates, Eben du Plessis en nog ander was lede van die Soetspelers. Hier volg 'n lys van hierdie gewilde egpaar se komposisies soos by SAMRO aangeteken:Aantjie, my liewe Aantjie Die Apie sit en droom Babetjie Blouberge Bobbejane Boere Braaivleisaand Boerefees Boerewals Bou van 'n nasie Bruilof By die Voortrekker Monument Daar dans 'n meisie Dag in die dorp Danie Louw Dans Kêrels, dans Die Diereparty Do You Know Boemtick Die Donkie Drie uur draai Drie vryers Droomland Ekskuus (ook genoem "Daar dans 'n meisie") Hannetjie verjaar Hou jou Meisie Huistoe in die trein In die Drakensberge (ook genoem "Blouberge") Kersfees lnami Gea Gei Jonkmans Gebrek Jy is my liefling Kêrels Kêrels stadig draai Keurspel Koaliesie Konsertina Bo Krismis Langs die strand Leentjie Lord Haw Haw Los my Bokkie Ma kom kyk vir Lena Maanlig op die strand Meisie van my drome Moederhuisie My Annatjie My hartjie my liefie My ou Perdewaentjie My veldblom Mynerslied Namie ge a gei Nat en Sap Nuwejaar Om die Braaivleisvure Ons dans so lekker Ons Land Ons Springbokke Oom Bart Oom Boggem Oom Bossie van die Bosveld Oom Kool Oorlogsdae Op 'n Boerebruilof Opsitaand Pale toe Petronella Die Piekniekaand is hier Rooi span osse Sannie is nie daar Sarie settees Skeeloog Annie So Wonderlik Sononder op die plaas Sy's 'n mooi nooi Tant Koba se Bobbejaan Trekkerslied Trippel, trippel, perd Troudag Sonop Springboklied Die Suid-Afrikaanse Polisie Die tweede hoenderkraai Verjaarsdag wals Verlore Liefling Voortrekker Dans Vryperd Wapad You are my love BruilofHierdie beroemde Afrikaanse egpaar se bydrae tot ons boeremusiek was só groot dat 'n mens waarlik nie woorde het om hulle te bedank nie. Wat egter soos 'n paal bo water staan, is die feit dat ware Afrikaners hulle seker nie gou sal vergeet nie.Cissie is deur ons Klub vereer en het ook ere-lidmaatskap ontvang.