Boesemvriende, die drie

Hierdie drie musikante het 'n groot rol gespeel om tradisionele boeremusiek te bevorder. Hulle speel al jare saam musiek in die tradisionele styl en het afsonderlik ook elkeen 'n besonderse bydrae gelewer. Hannes Viljoen het vir Piet Bester genader om die Konsertinaklub van Suid-Afrika te stig, wat later verander is na die Tradisionele Boeremusieikklub. Jimmy Henning het die eerste projek van die TBK geïnspireer om 'n grafsteen vir Faan Harris op te rig.

Mans, Jan

Jan Mans is op 25 Julie 1935 gebore op die plaas Rietvlei-Meyers in die Groot Marico-distrik tussen Marico en Zeerust. Daar het hy grootgeword met boeremusiek en van sy kindsdae af ‘n intense liefde ontwikkel vir die geliefde musieksoort, en onder die wakende oog van sy vader, Oom Piet Mans, dit ook begin speel. Oom Piet was meesterlik met die boerekonsertina, en ook ‘n baie goeie mondfluitjiespeler.

Laubcher, Jacob [Japie]

Japie is op 3 Junie 1919, in Woodstock, Kaapstad, gebore. Op veertienjarige ouderdom het hy by die poskantoor in Kaapstad, begin werk en is later bevorder tot radiolisensie-inspekteur. Hierdie pos het hy beklee tot en met sy aftrede. Japie se enigste dogter, Gerda, het my baie gehelp met inligting oor hierdie beroemde konsertinaspeler.Toe Japie sestien was, het sy ouer broer Jacobus, vir hom 'n tweedehandse boerekonsertina present gegee wat hy vir 'n daalder (15c) by 'n kerkbasaar gekoop het! Japie was oorstelp van vreugde en het sommer dadelik begin oefen.

Brigsley

Die East Texas Seranaders het "Shannon Waltz" en "Sweetest Flower Waltz" van ‘n vioolspeler uit die Noorde genaamd Brigsley verkry. Daar is geen verdere inligting oor die komponis van die Shannon wals bekend nie. 

Steyn

Gelys as komponis op Columbia AE502 / WEA1007 vir Ver oor die see wals deur Zabow en de Cola se orkes

Pages

Subscribe to Front page feed