Theunissen, Hernie

Kitaarspeler van die Kaapland Boereorkes:
 
Ek is Hernie Theunissen en gebore 3 Julie 1967 in Ceres. Groot geword op die familieplaas in die Tankwa Karoo.
 
Mostert, Loekie

Kitaarspeler van die Kaapland Boereorkes:
 
My naam is Loekie Mostert en ek is gebore 2 Julie 1964 in Port Nolloth, maar groot geword in Alexanderbaai.
 
Ek het as kind groot geword met boeremusiek in die huis. My pa, Tiekie Mostert, was wel bekend vir sy trekklavier speel, en hy was vroeër jare die trekklavierspeler vir Die 5 Namakwalanders.
 
Heystek, Jan

Klankman van die Kaapland Boereorkes:
 
My naam is Jan Heystek, gebore 22 Januarie 1968. Ek is in Warmbad gebore maar het meeste van my skooljare op Koster deurgebring.
 
Ek is die eggenoot van Rolenda en pa van Janus Heystek. Ek is die man in Kaapland Boereorkes wat in die agtergrond rond hang en die orkes ondersteun met klank en logistiek.
 
Heystek, Rolenda

Banjospeler van die Kaapland Boereorkes:
 
My naam is Rolenda Heystek. Gebore 14 Oktober 1971 in Ceres Hospitaal waar Dr. Chris Barnard my "gevang" het as baba. Ek is die jongste van 9 kinders, en het groot geraak op 'n familie plaas in die Tankwa Karoo.
 
Geel, Ernest Maxwell

My volle name soos wat ek dit gekry het by geboorte is, Ernest Maxwell Geel, gebore 10 Mei 1961. (Ek kan nie onthou watter dag nie, want ek was nog te klein)
 
'n Kapenaar van geboorte, maar van 10jarige ouderdom af groot geword in die Karoo. Van Hutchinson, Victoria-Wes, Ladismith, Touwsrivier tot weer in Beaufort-Wes, waar ek my skoolloopbaan klaargemaak het in 1979.
 
Heystek, Janus

My naam is Janus Heystek. Gebore 12 September 1996 in die Paarl.

Mostert, Willem Andries [Oom Willem]

Willem Andries Mostert is gebore op 16 Augustus 1945. Hy het op 14 jarige ouderdom begin musiek maak met die trekklavier en 8 maande daarna begin leer met die konsertina.

Cooper, William Schreiner [Willie]

Mathildé Cornelia Maria Budke is op 27 Junie 1912, in Pretoria gebore. Cissie, soos sy algemeen bekend was, is later met William Schreiner (Willie) Cooper getroud. Willie se moeder was 'n niggie van die beroemde Olive Schreiner. Willie is op 28 Januarie 1897, in Pretoria gebore en het ons ongelukkig op 20 Oktober 1975, reeds ontval. Hierdie begaafde egpaar het vir ons 'n skatkis vol pragtige liedjies nagelaat. Langer as drie dekades het hulle liedjies en komposisies die Afrikaanse musiekwêreld totaal oorheers.

Cooper, Mathildé Cornelia Maria [Cissie]

Cissie en Willie Cooper

Pages

Subscribe to Front page feed