Henning, Diederick Johannes Gerhardus [Jimmy]

Jimmy is op 12 Augustus 1924, in Potchefstroom gebore. Hy was nog baie jonk toe sy ouers na Johannesburg verhuis het. Hy het in Johannesburg gewoon en gewerk tot met sy afsterwe op 6 Oktober 1984. Hy was eers werksaam by die Lyons Foundry, maar het in 1960 sy eie vervoerbesigheid begin, naamlik Valley Transport. Hy het 'n groot sukses van sy besigheid gemaak en was alom bekend. Jimmy se vader was 'n goeie musikant en Jimmy het van kleins af sy talente begin toon. Hy het in 'n baie goeie kitaar- en konsertinaspeler ontwikkel.

van Eck, Johannes Petrus [Hannes]

Hannes is op 7 Januarie 1911, op Jongenslaagte in Aberdeen se wêreld gebore. In 1913 het sy ouers na die distrik Jansenville verhuis waar hulle op die plase Klein Wolwefontein, Tygerlaagte en Klein Brakrivier gewoon het.Hannes het 'n laerskool op die plaas besoek waar hy die standerd 6-eksamen geslaag het. Daarna het hy sy matrieksertifikaat by die Hoërskool Jansenville behaal. Hy het daarna aan die Opleidingskollege van Graaff-Reinet gaan studeer waar hy in 1933 die POS-eksamen geslaag het.

Westra Orkes

Die orkes het aan Sakkie Langarm op Kyk Net deelgeneem.

Pages

Subscribe to Front page feed