Kaapland Boereorkes

Die ontstaan van die Kaapland Boereorkes het sy onstaan te danke aan drie jong musikante nl, Wynand Smit, Daantjie Kotzé en Réjean Viljoen, en hulle liefde vir Tradisionele Boeremusiek, asook hulle uniforme visie om die TBK te hervestig in die Kaap. Ironies genoeg is nie een van hierdie drie musikante oorspronklik van die Kaap nie. 

In 2010, het Flip Snyman (Nationale Voorsitter van die TBK), vir Daantjie Kotzé die kontakbesondehede gegee van Wynand Smit, wie onlangs Bellville toe getrek het, en Réjean Viljoen, wie in Langebaan gevestig was. Beide hierdie musiekante het saam met Stephaan van Zyl in Pretoria gespeel en Daantjie was konsertina speler vir die Sandvelders.

Die doel van die oorspronklike vergadering was die herstigting van 'n TBK tak in die Kaap, en die versekering dat hierdie tak nie, soos die oorspronklike tak, sou sneuwel nie.

Nagelang van hierdie vergadering het Rejean Viljoen, via die TBK 'n versoek gekry om 'n orkes te rëel om te speel by die opening van Helderkruin Boeke. Daantjie en Wynand was genooi en die aand het wel afgeloop. Na die speulbeurt het die lede gesien hier is 'n spesiale klank en is besluit om 'n orkes te begin. Daantjie en Réjean het afgewissel op die konsertina en Wynand het die ritme verskaf. Daar was besluit dat 'n vol orkes die regte klank sou gee en die soektog na ander musikante het begin.

 

Na baie ure en noukeurige soek, was Rolenda Heystek as banjo speler verwelkom in die groep. Christo Wiese, lid van die oorspronklike Sandvelders, was genooi om trekklavier te speel en 'n soektog het toe begin vir 'n bas speler.

 

Na 'n lang tyd het ons Ernest Geel, wie voorheen saam Vat Vyf Boereorkes gespeel het, as kitaarspeler verwelkom asook nuweling, Janus Heystek as bas speler. Die orkes was toe voltooi en 'n baie unieke klank het mense se aandag getrek regoor die WesKaap. Jan Heystek behartig die klanksisteem om te verseker net die hoogste gehalte musiek word geniet deur die luidsprekers. Die integrasie van Namawalandse en Transvaalse style, gepaard met 'n Kaapse invloed was die regte resep vir hierdie wenspan.

 

Ongelukkig met die loop van die tyd het twee van die lede ons nou verlaat (Rejean Viljoen en Wynand Smit) en het Loekie Mostert in 2016 by ons aangesluit as 'n kitaarspeler. Loekie is ook 'n ou staatmaker en is ook bekend as 'n Namakwalander wat ook al saam met Willie Nelson en sy orkes opgetree het.

Kaapland Boereorkes
Daantjie Kotzé, Hernie Theunnisen, Janus Heystek, Rolenda Heystek, Ernest Geel, Loekie Mostert

Content type

Group name